"Eendag sal 'n man vir jou lief wees met sy lyf en met sy verstand en met sy siel en dan sal jy die verskil ken. Nie vandag nie. Vandag is jy seer oor.............en jy weet nie jy huil oor die maan nie."
"Dit sal nog lank seer bly. Dis nie soos 'n pyn aan jou lyf wat jy weet wanneer dit weg is nie - op 'n dag kom jy agter dis eintlik lankal oor. Dit was die stukkende trots wat die langste seer gebly het."
Ek het bogenoemde op 12 Desember 1992 gelees en was vermoedelik op daardie stadium besig om te herstel van 'n gebroke hart. Dit was nogals troos.
No comments:
Post a Comment