Ek het sopas besef dat ek van die boeke op my lys van geleeste boeke uitgelaat het. Ek en die blinde oom vir wie ek elke maandag lees, is besig om die reeks van "Hulle wat agterbly" te lees.
Ons het nou die vierde boek klaargemaak. Dis 'n stryd om die boeke in sagteband format op te spoor
so ek snuffel met elke geleentheid deur tweedehandse boekwinkels. Ek lees op die oomblik vir hom die e-boeke en bly soek na die sagteband weergawes. Die boeke is al geruime tyd uit druk uit, maar blyk nou weer 'n herdruk te beleef, maar ongelukkig nie teen die spoed waarmee ons lees nie.
Hy geniet die aksie en emosie van die reeks. In die 6 jaar en 6 maande wat ons al lees, het ons meestal afrikaanse boeke gelees, en meerendeels boeke met 'n Christelike fondasie. Hy geniet Jaco Thom se boeke, en ek het weer 'n nuwe een opgespoor, maar ons poog om eers die reeks van Hulle wat agterbly klaar te maak. Ek geniet elke oomblik van ons maandae saam, en ek hoop dat hy nog lank verby sy 82jaar sal leef, sodat ons die seëning nog lank kan deel.
Ek merk die boeke wat ons saam gelees het met 'n WG, sodat ek sal onthou watter boeke ons saam gelees het.
No comments:
Post a Comment