Dr. Seuss said:

Today is your day, your mountain is waiting, so get on your way~ Dr. Seuss ~

Thursday, November 27, 2014

Die Biblioteek - Naskrif - Joan Hambidge

Die liefde is nes 'n reis na verre lande; vol opwinding
en ontdekking van vreemde plekke.

Die ekstase van hoe ons dink dit sou wees - en hoe dit is..
Daagliks bou ons lugkastele, besoek mekaar se liggame,
museums vol geheime en skatte.

Elkeen se eiesoortige, eiesinnige kyk op sake
word soos tydsones oorgesteek en aanvaar.
Ek leer jou taal praat, en ons lag oor my aksent,
my onvermoë om 'n woord te verstaan.

Met die ruilhandel van die liefde gaan dit goed -
al is die wisselkoers van die werklikheid nie juis gunstig nie.

Aanvanklik is die weersveranderinge opwindend -
later begin ek neul oor die koue, die reën van jou buie.

Daar kom altyd 'n begeerde terugkeer na die besoek.

'n Eensame, moeë aankoms op 'n lughawe laat my altyd wonder:

Waarom het ek die reis aangepak?

(Lizelle Visser - 9 Augustus 1993)

No comments:

Post a Comment