Dr. Seuss said:

Today is your day, your mountain is waiting, so get on your way~ Dr. Seuss ~

Friday, November 25, 2016

Afskeid

Voel vanaand lekker melancholies.  Soveel mense en dinge waarvoor ek totsiens moes sĂȘ.  Afskeid neem.  Ek weet mens kan nie vashou aan alles nie, en dat die toekoms weer goeie mense en dinge sal bring, maar vir die oomblik is ek sommer net hartseer.

Het onlangs hierdie ene van Johannes Kerkorrel ontdek.  Lief dit. 


As ek jou kon vertel
As ek jou net kon laat sien
Sou ek 'n skilder opdrag gee
Om 'n prent vir jou te verf
En as hy eindelik klaarmaak
As hy sy meesterstuk voltooi
Sou jy weet, jy sou weet
As jy teen die tyd nog vergeet
Hoe ek voel, hoe ek voel
Oor jou

As ek jou net kon laat sien
As ek jou net kon laat lees
Sou ek 'n faxmasjien gaan huur
En gedigte vir jou stuur
En as jy anderkant dit kry
As jy dit uithaal en jy kyk
Sou jy weet, jy sou weet
As jy teen die tyd nog vergeet
Hoe ek voel, hoe ek voel
Oor jou

As ek jou net kon laat lees
As ek jou net kon laat hoor
Sou ek 'n koor na jou toe stuur
Serenade in die laatnaguur
En as jy wakker word een aand
En jou vensters staan wyd oop
Sou jy weet, jy sou weet
As jy teen die tijd nog vergeet
Hoe ek voel, hoe ek voel
Oor jou

Jy sou weet
Jy sou dit weet
Jy sou dit weet
Jy sou dit weet